Update
MOSSELBAAI NUUS - Die soektog na die 21-jarige Arno van der Mescht wat Sondag, 20 Maart vermis geraak het nadat hy deur deur ‘n fratsgolf die see ingespoel is, duur steeds voort.
Plaaslike polisieduikers het op hul rubberboot vanaf 08:30 tot 11:30 weer gesoek sonder sukses.
Die soektog is gister, 22 Maart uitgestel as gevolg van die water wat te vuil was en sig belemmer het.
Volgens brandweerhoof, Joseph Johnson het die brandweer nou aan die soektog onttrek en is die saak aan die polisie oorhandig.
Intussen sal die soektog daagliks voortgesit word tot verdere kennisgewing.
Vorige arikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'