MOSSELBAAI NUUS - 'n Cessna-vliegtuig van Skydive Mossel Bay het vanoggend kort nadat valskermspringers uit die vliegtuig gespring het en die vliegtuig teruggekeer het na die vliegveld, 'n noodlanding uitgevoer.
Skydive Mossel Bay sê in 'n verklaring dat die valskermspringers reeds veilig geland het toe die vlieënier op die Aalwyndal-hoewes naby die vliegveld geland het.
"Die vlieënier het geen beserings opgedoen nie. Daar is geringe skade aan die vliegtuig en minimale skade aan grensheining."
Inwoner van Aalwyndal, Luc Prinsloo het aan die Mossel Bay Advertiser vertel hy moes twee keer kyk toe hy ‘n Cessna-vliegtuig op hul hoewe sien.
Prinsloo sê dat hy in sy woning was, toe hy mense buite hoor skree het. Toe ek uitkom sien ek daar is ‘n vliegtuig op ons en ‘n gedeelte van ons buurman se grond.
“Ons het dadelik gekyk of almal reg is en daar was geen beserings nie. Die vlieënier het dadelik uitgeklim.”
Die omstandighede van die voorval is nog nie bekend nie.
Prinsloo sê dat hy in sy woning was, toe hy mense buite hoor skree het. Toe ek uitkom sien ek daar is ‘n vliegtuig op ons en ‘n gedeelte van ons buurman se grond.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’