Gallery Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Tydens ‘n spogparade wat Saterdag by die Mosselbaai boot- en seiljagklub plaasgevind het, is 11 seekadette vereer vir hulle harde werk en toewyding tydens die afgelope jaar.
Die kadette is almal verbonde aan die TS Outeniqua en staan onder die leiding van sub-luitenant Thurston Amsterdam.
In sy toespraak het die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal die jongmense geloof vir die feit dat hulle ten spyte van moeilike omstandighede, hierdie opleiding met trots en as voorbeeld vir ander jongmense ondergaan.
Raadsheer Levendal het die parade inspekteer waarna die toekennings oorhandig is.
‘n Uitstekende vertoning deur die presisie drilpeloton is ter afsluiting onder groot toejuiging van ouers en familielede uitgevoer waarna almal gesellig saamgekuier het.
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n vorige artikel: See kadette hou prysuitdeling
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: TERSIA MARAIS, MOSSEL BAY ADVERTISER KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'