MOSSELBAAI NUUS - Die Ruiterbos-gemeenskap vier die 150ste herdenking van die Robinsonpas se bestaan. Met die opening van hierdie asemrowende pas in 1869 het dit die poort geword vanaf Mosselbaai se hawe na die Klein Karoo.
Die feesvieringe vind plaas by Ruiterbosch Lodge op Saterdag, 1 Junie vanaf 09:00 tot laataand waar dit afgesluit word met 'n dans.
Daar word vroegoggend met 'n pretloop afgeskop en selfs veteraanmotors durf die pas aan.
Verskeie musikante tree op en bied vermaak van oud tot jonk. Heerlike verversings van toeka tot nou kan geniet word.
"Ruiterbos nooi almal om hierdie besonderse dag saam met ons te geniet."
Indien daar belangstellendes is wat 'n stalletjie wil bespreek, kontak Jackie (076 985 1474) of Jeanette (082 812 2797).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'