GROOT BRAKRIVIER NUUS - Inwoners op Groot-Brakrivier word snags deur rondloperhonde wakker gehou.
Die dorp se buurtwaggroep het onlangs gegons toe 'n inwoner van Kiewietlaan op die groep laat weet het dat drie honde in die straat amok maak en inwoners uit die slaap hou.
Nog 'n inwoner het 'n foto van twee van die drie honde wat op kringtelevisiekameras vasgevang is op die buurtwaggroep gedeel.
Kort daarna het nog inwoners op die groep met boodskappe reageer. Een boodskap lui: "Ek het die honde gesien. Hulle het my gisteraand drie keer wakker gemaak."
Voorsitter van die belastingbetalersvereniging, Ronald Hacquebord het intussen bevestig dat die eienaar van die honde, wat glo in Sandhoogtepad woon genader is, maar volgens Hacquebord ontken die man dat dit sy honde is.
Wetstoepassers sê hulle benodig foto's van die rondloperhonde, asook bewyse dat die honde in Groot Brak se strate invaar voor hulle teen die eienaar kan optree.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'