MOSSELBAAI NUUS - NG Brandwacht hou weer op Saterdag, 23 April hul bekende plaasbasaar.
Dit vind plaas op die kerkterrein in Brandwag, sowat 11 kilometer buite Hartenbos op die R328 na Oudtshoorn.
"Ons ou vriende weet teen hierdie tyd dat dit 'n groot lekker is, dat dit 'n saamkuiergeleentheid is en dat ons u ondersteuning geweldig waardeer. Enigiemand wat die basaar bywoon vir die eerste keer bywoon, sal vinnig tuis voel in 'n ontspanne plaasatmosfeer."
Die program verloop soos volg:
09:00 - Stalletjies open. Van skaapafval tot basaarpoeding, roosterkoek tot braaivleis, hamburgers tot kerrie en rys en nog baie meer. Koffie, tee en iets soets daarby is die heel oggend beskikbaar in die teetuin. Onthou ook om 'n draai te maak by die kindertent en groentetent.
10:00 - Nou is dit die moeite werd om in die saal ‘n draai te maak, waar die heerlikste tuisgebak beskikbaar is. Dis koeke, terte, pasteie, beskuit, noem maar op, die een so lekker en mooi aangebied soos die ander.
11:00 - Nou lyk die saal totaal anders - verskillende snitte vars vleis is beskikbaar. Dies boerewors is alom bekend. Alles teen billike pryse.
En tussendeur koop u die stalletjies leeg want dit is lekker. Tyd vir pannekoek en poeding om 'n gesellige dag mee af te sluit.
Vir enige navrae, kontak gerus vir ds Tertius Conradie direk by 082 9218 671.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'