MOSSELBAAI NUUS - ‘n 36-jarige man verskyn vandag, op Dinsdag, 18 Mei in die Mosselbaai Streekhof op aanklagte dat hy bejaarde vroue met Alzeimer se siekte verkrag en seksueel aangerand het.
Die aanklagte spruit uit ‘n voorval in Augustus 2020 by die fasiliteit op Mosselbaai waar die verdagte onderhoudswerk gedoen het.
‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagte homself aan ‘n 79-jarige vrou ontbloot het. Die polisie is ook in besit van beeldmateriaal van kringtelevisiekameras waar die verdagte na bewering ‘n 96-jarige vrou verkrag en seksueel aanrand. Kinderpornografie is ook tydens die polisie se ondersoek op die verdagte se selfoon ontdek.
Die verdagte sal na verwagting vandag met sy prokureur konsulteer. Borgtog is vroeër aan hom geweier.
Vorige artikels:
- Shocking rape case in court soon
- Man in hof wat bejaardes glo verkrag
- Shocking rape case postponed
- Borgtogaansoek in verkragtingsaak
- Seksdade met bejaarde vroue skok
- Employee in court after sexual violence of alzheimer victims
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'