MOSSELBAAI NUUS - ‘n Man van Mosselbaai wat daarvan beskuldig word dat hy bejaarde vroue met Alzeimer se siekte verkrag en seksueel aangerand het, sal tot 25 November moet wag om vir borgtog aansoek te mag doen.
Die 36-jarige verdagte het gister vlugtig in die Mosselbaai Landdroshof verskyn en hoewel hy aangedui het dat hy borg wil kry, is die saak voorlopig eers uitgestel vir verdere ondersoek.
Die verdagte is op 31 Augustus by die fasiliteit, waar hy onderhoudswerk gedoen het, in hegtenis geneem.
‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagte homself aan ‘n 79-jarige vrou ontbloot het.
Die polisie is ook in besit van beeldmateriaal van kringtelevisiekameras waar die verdagte na bewering ‘n 96-jarige vrou verkrag en seksueel aanrand.
Kinderpornografie is ook tydens die polisie se ondersoek op die verdagte se selfoon ontdek.
Hy staan tereg op aanklagte van verkragting, seksuele ontbloting, en die besit van kinderpornografie.
Previous articles:
- Shocking rape case postponed
- Borgtogaansoek in verkragtingsaak
- Seksdade met bejaarde vroue skok
- Employee in court after sexual violence of alzheimer victims
'We bring you the latest Mossel Bay, Garden Route news'