MOSSELBAAI NUUS - Die 36-jarige man van Mosselbaai wat daarvan beskuldig is dat hy bejaarde vroue met Alzheimer se siekte onder meer seksueel aangerand het, het vandag, op Woensdag, 6 Oktober 'n pleitooreenkoms met die staat aangegaan.
Die beskuldigde, Mark Labuschagne mag volgens die mediawet nadat hy gepleit het, geïdentifiseer word.
Labuschagne is sedert hy in September, 2020 in hegtenis geneem is by die fasiliteit waar hy gewerk het, Adler's Nest, in aanhouding.
Hy het by die fasiliteit onderhoudswerk gedoen.
Sy werkgewer het dadelik nadat die bewerings aan die lig gekom het die polisie op Mosselbaai gebel en die verdagte aan die polisie oorhandig.
Die gruwelike dade het aan die lig gekom nadat 'n 76-jarige inwoner van die fasiliteit, waar onder meer Alzheimer pasiënte woon, aan personeel vertel het dat 'n man hom aan haar deur haar kamervenster ontbloot het.
‘n Ondersoek het daarop gedui dat die verdagte homself deur 'n venster aan ‘n 79-jarige vrou ontbloot het. Die polisie is ook in besit van beeldmateriaal van kringtelevisiekameras waar die verdagte na bewering ‘n 96-jarige vrou seksueel aanrand. Kinderpornografie is ook tydens die polisie se ondersoek op die verdagte se selfoon ontdek. Die Mossel Bay Advertiser het die skokkende bewysstukke onder oë gehad en die blonde dogtertjie van wie die foto's geneem is, is nooit opgespoor nie.
Labuschagne het vlugtig in die Mosselbaai-streekhof verskyn en skuldig gepleit op aanklagte wat verband hou met die besit van kinderpornografie, seksuele aanranding en die oortreding van Artikel 8 (3) self-masturbasie.
Die saak is ondersoek deur ao Alistair Rezant van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld en seksuele misdrywe.
Die staatsaanklaer is Helga Goosen.
Die saak is uitgestel na 9 November vir vonnisoplegging.
Vorige artikels:
- Man accused of sexual assault of Alzheimer's patients in court
- Man wat glo bejaardes verkrag in hof
- Shocking rape case in court soon
- Man in hof wat bejaardes glo verkrag
- Shocking rape case postponed
- Borgtogaansoek in verkragtingsaak
- Seksdade met bejaarde vroue skok
- Employee in court after sexual violence of alzheimer victims
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'