MOSSELBAAI NUUS - 'n Onbekende man is op Sondag, 8 Julie op die R102 naby die Maalgatebrug doodgery.
Volgens die polisie het 'n wit BMW in die rigting van Mosselbaai gery toe die slagoffer na bewering voor die voertuig ingeloop het.
Die voorval het na 19:00 gebeur.
Die man was reeds dood toe paramedici op die toneel aankom. Die polisie op Groot-Brakrivier ondersoek 'n saak van strafbare manslag.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'
 
                 
                     
                    
                    
                    
                    
                    
                 
                             
                         
                         
                 
                 
                 
                 
                 
                 
                                     
                                     
                                     
                                     
                                 
                                         
                                         
                                         
                                         
                                     
                                     
                                     
                 
                         
                                 
                                 
                                 
                                 
                                 
                                 
                                