HARTENBOS NUUS - Die Hartenbos-rolbal-klub het onlangs 'n skenking aan Hoop vir Joshua oorhandig om by te dra tot Joshua le Roux (8) se kankerbehandeling.
Joshua, 'n leerder van Lighthouse Academy in Mosselbaai, is vroeër vanjaar vir die derde keer met kanker gediagnoseer.
"Ons wens Joshua en sy familie baie krag, hoop en moed toe op hierdie besondere reis. Mag hierdie gebaar 'n verskil maak," het die klub gesê.
Joshua se familie het 'n BackaBuddy-rekening, 'Hope and gratitude for Joshua', opgestel.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’