Update
MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-munisipaliteit se portefeuljevoorsitter vir Finansies, Raadsheer Mark Furness, en 'n medebeskuldigde, Marie Francis, se saak vir die moontlike terugtrekking van belastingverwante aanklagte is gister in die George-landdroshof uitgestel tot 30 September.
Die aanklagte het betrekking tot Bardins Jewellers, waarin Furness en Francis onderskeidelik 75% en 25% belang het.
Hulle staan tereg op 14 aanklagte van belastingverwante oortredings.
Vertoë vir die moontlike terugtrekking van die aanklagte is op 16 Mei ingedien.
Die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) in Kaapstad sal beslis of die saak moet voortgaan of dat die aanklagte teruggetrek sal word.
Vorige artikels:
- Finance chair to appear in court, charges unrelated to work, says mayor
- Finance chair, co-accused appear: 14 counts of tax offences
- Mossel Bay finance chair court case postponed due to outstanding docket
- Mossel Bay finance chair to appear in court again in April
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’