Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die 2022 Buffalo Rally was 'n reuse sukses volgens die organiseerders van die Nomads Motorfietsklub.
Hoewel net 2 000 motor-fietsryers te wagte was, het meer as 4 000 motorfietsryers op Vrydag, 28 Oktober op Mosselbaai toegesak.
'n Hoogtepunt van die geleentheid was beslis die gewilde massarit wat op Saterdag, 29 Oktober om 11:00 by Hartenbos begin het.
Dirk Kotzé die burgemeester van Mosselbaai, het aan die voorpunt van die stoet as 'n passasier aan die rit deelgeneem. Die saamtrek is vir die 13de keer in Mosselbaai aangebied en vir die tweede jaar is dit in die Hartenbos-kampeerarea van die ATKV gehou.
Die Buffalo Rally is 'n ikoniese byeenkoms in Mosselbaai en 'n baie welkome inspuiting vir die dorp se ekonomie.
Mars Brandt van Mosselbaai is vanjaar gekroon as Mej Buff 2022. Die oudste deelnemer aan die Buff was die 86-jarige Peter Cowley.
Die wenner van die gelukkige trekking was Dave Jeffrey van Gqeberha wat R135 000 gewen het. Bron - Grey Stopforth
Die wenner van die gelukkige trekking Dave Jeffrey van Gqeberha het R135 000 gewen en hier verskyn hy saam met Mars Brandt die Mej Buff-2022.
Die verskeidenheid motorfietse wat aan die Buffalo Rally deelgeneem het, het baie aandag getrek.
Vorige artikels:
- Mars Brandt gekroon as Mej Buff 2022
- Burgermeester ry voor in massarit
- Motorfietsryers in Mosselbaai vir Buffalo Rally
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'