MOSSELBAAI NUUS - Op Saterdag, 20 Oktober is dit weer sulke tyd wanneer jy die geleentheid kry om jou vrieskas vir Desember vol maak met goeie vleis, wors en maalvleis teen billike pryse.
Herbertsdale se jaarlikse Oktobeerfees vind op die 20ste Oktober plaas. Pit Muller, 'n legende van Herbertsdale, maak al van 1995 die lekkerste wors met sy eie geheime resep.
Tot huidiglik het hy al 14 556kg wors vir Herbertsdale se Oktoberfees gemaak ... dit wil gedoen wees.
By die feesterrein gaan daar onder meer ook die heerlikste koeke, groente en eetgoed te koop wees. Daar gaan ook 'n laerskole toutrekkompetisie tussen van die topskole in Suid-Afrika wees.
"Kom geniet vanaf 09:00 'n lekker dag op die plaas van Elof Muller, ongeveer 10km voor Herbertsdale." Vir meer inligting skakel Lappies by 082 555 1466.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'