MOSSELBAAI NUUS - Die polisie op Mosselbaai ondersoek 'n saak van verkragting nadat 'n 17-jarige meisie na bewering op 9 Augustus verkrag is.
Volgens die polisie was die slagoffer by haar huis op Mosselbaai waar sy saam met vriende gekuier het.
Die slagoffer het om 19:00 gaan stort toe een van haar vriende na bewering by die badkamer ingekom het om die toilet te gebruik.
Sy beweer dat die verdagte met haar wou seks hê, maar onder die invloed van drank was en nie met die daad voort kon gaan nie.
Die voorval word ondersoek en geen arrestasies is al gemaak nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'