MOSSELBAAI NUUS - Die gewilde Herbertsdale Oktoberfees vind op Saterdag, 19 Oktober op die plaas van Elof Muller, ongeveer 10km voor Herbertsdale plaas.
Soos gewoonlik gaan daar baie vars vleis, wors en maalvleis teen billike pryse te koop aangebied word.
Die lekkerste boerekos en koeke sal ook weer eens die tafels laat kreun.
Feesgangers gaan vanjaar weer met toutrek-aksie vermaak word wanneer topspanne van hoër- en laerskole in Suid-Afrika in aksie gaan wees.
Vir navrae skakel Lappies by 082 555 1466.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'