MOSSELBAAI NUUS - Die KwaNonqaba-polisie se ao Geoffrey Moos is deur die stasiebestuur gelukgewens met 'n suksesvolle ondersoek wat gelei het tot 'n swaar vonnis vir 'n veroordeelde moordenaar en dief.
Zubenathi Homane (22) het op 3 Maart 2019 'n woordewisseling met 'n 22-jarige man gehad waarna sy die man met 'n mes doodgesteek het.
Na die moord, het Homane en 'n groep van sy vriende na die slagoffer se huis in Calitzdrop-singel, KwaNonqaba gegaan waar hulle ingebreek en goedere gesteel het.
Homane is tot 15 jaar gevangenisstraf vir moord en drie jaar vir diefstal in die Mosselbaai-streekhof gevonnis.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'