Update
MOSSELBAAI | STILBAAI NUUS - Die vyf verdagtes wat aangekla word van die moord op die 63-jarige Heila Kilian op ‘n plaas buite Stilbaai in April 2018, is vanoggend terug in die beskuldigde bank in die rondgaande Hoër Hof op Mosselbaai.
Die verdagtes, die 29-jarige Samkumzi Benya, die 25-jarige Nkosiyethu Nocuza, die 25-jarige Nikani Msomi, die 23-jarige Monwabizi Maki en die 29-jarige Xolisani Myoyi het gister onskuldig gepleit op al sewe aanklagte teen hulle.
Staatsadvokaat Christhénus van der Vyver het gister sy eerste getuie, Shaun Vorster na die getuiebank geroep. Vorster en sy vrou het ‘n woning op die plaas, Gazania gehuur en hy het vuurwapens, kontant en jagmesse in ‘n kluis by sy woning gehou.
Vorster het saam met Kilian, haar suster Brenda en die se man, Thomas gebraai op die aand van die aanval.
Hy het aan regter Lister Nuku gesê hulle het pas klaar geëet en het buite gesit toe hulle deur vyf gewapende mans aangeval is.
Vorster het aan die hof vertel hoe hulle vasgebind en geslaan is. Hy het vir Nuku gesê hy het ‘n geluid gehoor, soos iemand wat ‘n diep sug gee, kort nadat ‘n skoot afgegaan het en Kilian in die hart geskiet is.
Vorster het een van die verdagtes geïdentifiseer as een van die mans wat hom met ‘n vuurwapen gedreig het.
Die hof sal vandag getuienis aanhoor oor die toelaatbaarheid van die identiteitsparade waartydens Vorster die verdagte geïdentifiseer het.
VORIGE ARTIKELS:
- Murder at farm braai: 5 in court
- Farm murder: 5 to appear in high court
- Plaasaanval: Blye weersiens word tragedie
- Stilbaai-Plaasmoord: 4 verdagtes vas
- Opvolg: Vrou sterf in plaasaanval
- Plaasaanval: Gerugte van arrestasies onwaar
- Opvolg: Vrou sterf tydens plaasaanval
- Plaasaanval buite Stilbaai: 1 dood
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'