MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit maan dat alle honde aan leibande moet wees as daar met hulle in die openbaar gestap word. Dit volg nadat 'n inwoner van Klein-Brakrivier onlangs die toeskouer van 'n onstellende ervaring in Kusweg op Tergniet was.
Die ooggetuie vertel dat sy omstreeks 08:00 op die betrokke oggend aanskou het hoe 'n groot hond, wat sy as aggressief beskryf, ongeveer 15m ver op 'n kleiner hond, wat aan 'n leiband was, afgestorm het.
"Ten spyte van die pogings van die eienaar van die kleiner hond om die aanval af te weer, deur die hond in haar arms op te tel, het die groter hond net eenvoudig aangegaan en die twee eienaars het vir ‘n baie lang tyd gesukkel om die twee honde uit mekaar te kry."
"Die eienaar van die klein hondjie was in trane weens skok. Die hele voorval kon voorkom gewees het indien die agressiewe hond aan ‘n leiband was, soos dit hoort," vertel sy.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'