MOSSELBAAI NUUS - 'n Twee-en-vyftigjarige man wat in 2016 'n U-draai op die N2 naby die Langeberg Mall uitgevoer het, is verlede week tot R40 000 of 12 maande gevangenisstraf gevonnis.
Die voorval het op 17 Julie 2016 omstreeks 15:00 plaasgevind. Tydens die voorval, het die gevonnisde man se voertuig voor 'n ander voertuig ingedraai.
Drie volwassenes en twee kinders, waarvan een 'n kleuter was, het beserings opgedoen waarvoor hulle gehospitaliseer moes word.
Die saak is suksesvol ondersoek deur ao Arleen Stokes van die Da Gamaskop-polisie se speurafdeling.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'