MOSSELBAAI NUUS - 'n Moordenaar wat tydens 'n woordewisseling sy slagoffer met 'n mes doodgesteek het, is vandeesmaand tot 15 jaar gevangenisstraf in die Mosselbaai-streekhof gevonnis.
Die voorval het op 31 Mei 2019 omstreeks 07:00 in Samstraat in die Joe Slovo-woongebied plaasgevind.
Twee mans, Yonela Stuurman (30) en Likhaya Bevu het saam in die straat gestap toe 'n woordewisseling tussen hulle ontstaan en Stuurman Bevu 'n noodlottige meswond in die nek toedien. Bevu het op die toneel beswyk.
Die saak is suksesvol ondersoek deur ao Janette Yssel van die Da Gamaskop-polisie se speurafdeling.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'