MOSSELBAAI NUUSFLITS - Die Life Bay View hospitaal het onlangs die Zisukhanyo crèche, waar 69 kinders tans versorg word, onder hul vlerk geneem.
Die kleingoed ontvang daagliks drie etes deur die verloop van die dag, waaronder 'n ontbyt, ‘n groter middagete en ‘n toebroodjie in die namiddag.
Personeel van die privaathospitaal het hul harte en beursies oopgemaak en ruim bygedra om beide kos en ander toebehore vir die créche te skenk en het boonop hul moue opgerol om te help om die fasiliteit 'n nuwe aansig te gee.
"Ons Life Young Leaders het klimrame geverf, Deon, een van ons onderhoudspersoneel het vir toiletsitplekke vervang en daar is ruim bygedra tot die daaglikse behoefte aan voedsame eetgoed," sê Elzaan Moelich, bemarkingsbestuurder van die hospitaal.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'