Gallery Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Die Groot Brak Sekondêre Skool met 91 leerders wat verlede jaar matriek geskryf het, spog met 'n slaagsyfer van 91.2 %. Die 36 matrikulante wat met matrikulasie-vrystelling geslaag het, is 'n verbetering van 4.2%.
Die top-presteerder is Jovon Nortjé met Adelene Gertse in die tweede plek.
FOTOGALERY: Groot-Brak Sekondêre Skool
Die hoof, Desmond Speelman is verheug dat die onderwysers en matrieks van 2022 hulle teiken bereik het. "Ons is baie bly en dankbaar vir die gehalte van die uitslae wat verbeter het. Verlede jaar was die moeilikste graad 12-jaar vir die leerders in vergelyking met vorige jare, weens die ontwrigting wat die Covid-epidemie veroorsaak het."
Agt leerders het nie geslaag nie, maar talle sprekers het daarop gewys dat baie mense in die gemeenskap wat eers onsuksessvol was, wel later groot hoogtes bereik het.
Die hoof en ander sprekers het boodskappe van bemoediging gehad vir die leerders wat nie geslaag het nie.
"Moenie gaan lê nie. Dit is nie die einde van die pad nie. Daar is verskeie programme om leerders te help om wel hulle matriekeksamen te slaag."
Vorige artikel: Groot Brak Sekondêre Skool spog met 91.2% slaagsyfer
VIDEO - Jovon Nortjé is die 2022 matriek top-presteerder van die Groot Brak Sekondêre Skool. Hy vertel van sy toekomsplanne.
VIDEO - Sersant Lauriane Botha, woordvoerder van die Groot-Brakrivier- polisiestasie, is ook die veiligheidsbeampte vir Groot Brak Sekondêre Skool.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'