MOSSELBAAI NUUS - Die NG-gemeente Herbertsdale bied op Saterdag, 22 Oktober vanaf 09:00 weer hul gewilde Oktoberfees op die plaas van Eloff Muller aan.
Eloff se plaas is langs die Mosselbaai na Herbertsdalepad sowat 10km voor Herbertsdale geleë. Goeie gehalte wors, maalvleis en vleis sal teen billike pryse te koop wees.
Dit beteken dat feesgangers nie hierdie geleentheid moet misloop om hul vrieskaste voor Desember wanneer die familie en vriende kom kuier, vol te maak nie. Kaartfasiliteite sal by die vleistafels beskikbaar wees.
Die Oktoberfees is ook bekend vir die heerlike vars groente en ander lekker eetgoed soos kerrie en rys, afval, braaivleis en nog vele meer wat te koop aangebied sal word.
"Die tafels gaan ook kreun van die gebakte produkte en basaarpoeding," vertel Lappies Labuschagne wat een van die organiseerders is.
"Sien jou daar vir 'n lekker plaasatmosfeer basaar/fees en indien jy meer oor hierdie geleentheid wil weet, kontak my by 082 555 1466," sê Lappies.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'