MOSSELBAAI NUUS - Pit Muller, 'n bekende in die boeregemeenskap van Mosselbaai en veral Herbertsdale, is die week skielik oorlede.
Pit wat op 25 Junie sy 81ste verjaarsdag gevier het het op Maandagaand, 29 Julie op sy plaas Hemelrood aan 'n hartaanval beswyk.
Henry Pieter Pienaar (Pit) Muller is op 25 Junie 1938 in die Herbertsdale-distrik op die plaas Rooikrans, wat vandag deel van Gondwana-wildreservaat is, gebore. Hy en sy broer Ephen wat vier jaar ouer as hy was, was van jongs af in die koshuis op Mosselbaai. Pit was ‘n goeie sportman en gewild onder sy onderwysers en sy maats. Sy vader is oorlede toe hy maar net 10 jaar oud was.
Na skool het Pit sy erfplaas ontvang en begin boer. Hy is later getroud met Annie Fourie en een seun, Alec is uit dié huwelik gebore. Sy is ongelukkig vroeg oorlede en in 1965 trou Pit met Mareé Muller. ‘n Dogter, Rienie word uit dié huwelik gebore.
In 1980 koop Pit die plaas Doornkraal en brei sy Ayrshire-beeskudde uit, sy trots tot en met sy dood. Sy kudde is een van die oudstes in die land en in 2018 word hy tot lewenslange erelid van die Ayrshire-telersgenootskap vereer. Dit het hom groot vreugde verskaf toe sy seun Alec in 1994 by hom aangesluit het.
Pit was elke jaar tydens Herbertsdale Oktoberfees, die bobaas worsmaker. Hy was geliefd onder oud en jonk met ‘n fyn humorsin en vele sêgoed wat gemaak het dat almal hom altyd geniet het.
Hy was lief vir sy familie en het ‘n spesiale band en belangstelling in sy vier kleinseuns Nico, Henry, Hendré en Albert gehad.
"Sy stem het stil geraak, maar ons gaan hom lewendig in ons harte hou," sê sy vrou Mareé, kinders en kleinkinders.
Daar word Saterdag 3 Augustus om 10:00 'n diens vir hom gehou by die NG Kerk Herbertsdale.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'