Update
MOSSELBAAI NUUS - ‘n Vrou van KwaNonqaba het vandag haar eerste verskyning in die Mosselbaai-landdroshof gemaak nadat sy ná bewering die ma van ‘n 11-jarige meisie, wat glo deur haar buurman verkrag is, aangerand en geïntimideer het.
Volgens die polisie het die verdagte die slagoffer se ma gedreig om die saak van verkragting, wat teen die buurman aanhangig gemaak is, terug te trek.
Sy het die slagoffer se ma na wat verneem word Sondag met ‘n stok aangerand.
Die motief vir die beweerde aanranding en intimidasie is nog nie bekend nie, maar die verdagte wat na bewering die meisie verkrag het asook die verdagte wat vir die aanranding in hegtenis geneem is woon almal in dieselfde straat.
Die verdagte staar aanklagte van aanranding en intimidasie in die gesig.
Sy bly in aanhouding en die saak is uitgestel na Vrydag vir regsverteenwoordiging.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’