Update
ASLA PARK NUUS - 'n 37-jarige man sal na verwagting vandag in die Mosselbaai-landdroshof om borgtog aansoek doen nadat hy in hegtenis geneem is op aanklagte van die verkragting van 'n 11-jarige meisie.
Die verdagte is verlede Saterdagaand op heter daad betrap nadat hy glo die meisie op haar ouers se sitkamerbank verkrag het..
Die slagoffer se pa het op dié betrokke aand, Saterdag 24 Augustus, kort na middernag by die huis ingestap en die verdagte op heterdaad betrap.
Die pa het die verdagte, 'n buurman, in die huis toegesluit en kon die polisie, wat 'n ander klagte bygewoon het, roep.
Vorige artikel: Buurman verkrag glo 11-jarige op sitkamerbank
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’