MOSSELBAAI NUUS - Die KwaNonqaba-polisie ondersoek 'n saak van moord nadat die liggaam van 'n 30-jarige man Sondag in Sixaxenistraat in Asla Park gevind is.
Polisiewoordvoerder, ao Kappie Kapp sê die oorledene het in die straat gelê.
"Mediese personeel is na die toneel ontbied en die oorledene is op die toneel dood verklaar. Hy het verskeie steekwonder aan sy liggaam gehad."
Die man se identiteit is nog nie bekend gemaak nie en die ondersoek duur voort.
Enigeen met inligting word versoek om die ondersoekbeampte ao Geoffrey Moos te kontak by 044 606 6631.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’