Een van die grootste uitdagings die afgelope 30 jaar was om tred te hou met die verandering en die implimentering van nuwe tegnologie namate die standaard van vereistes in die paneelklop-industrie verhoog en aangepas is. Dit het gepaard gegaan met hoë kapitaalinsette en met die jongste tendense in aluminiumvervaardigde voertuie. Vandag beskik hulle oor die nodige fasiliteite om met hierdie voertuie te kan werk.
Mosselbaai Paneelkloppers is ook onlangs, tydens Volkswagen Suid Afrika se jaarlikse konferensie, benoem as die enigste paneelklopper in die land wat die uitsonderlike prestasie kon behaal om ‘n skoon oudit van VW te ontvang. Hulle is goedgekeurde paneelkloppers vir Volkswagen, Audi, Ford, Mazda, General Motors, Toyota, Nissan, Hyundai en Kia. Slegs omgewingsvriendelike verfprosesse en -produkte met ‘n waterbasis van Glasurit word gebruik.