MOSSELBAAI NUUS - Die gewilde Herbertsdale Oktoberfees vind weer vanjaar op die plaas van Elof Muller, 10km voor Herbertsdale plaas.
Die fees vind vandag Saterdag, 20 Oktober vanaf 09:00 plaas en eetgoed sal van die afskop van die fees te koop wees. Lappies Labuscagne, organiseerderslid van die fees sê baie wors en maalvleis sal beskikbaar wees.
"As gevolg van die droogte gaan daar vanjaar nie halwe lammers en skape te koop wees nie."
Hy sê die lams- en skaapvleis gaan in kleiner pakkies beskikbaar wees om soveel moontlik kopers van lekker vleis te voorsien.
"Alle wors, vleis en maalvleis gaan teen billike pryse beskikbaar wees."
Lappies sê die eetgoed sluit weer braaivleis, afval, kerrie en rys, beesstert, poedings, pannekoek en roosterkoeke in. "Die lekkerste koeke, markprodukte en groente sal weer die tafels laat kreun."
Tye
- Marktafel - 09:30, Koektafel - 10:00,
- Vleistafel - vanaf 10:30
Sien jou daar vir 'n lekker geleentheid.
Skakel Lappies (082 555 1466) vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'