Die nuus van die dag is selde eenvoudig, hoewel heelwat lesers dit seker so sou wou hê. Ek vind dat mense dit in swart en wit of reg of verkeerd wil hê, maar dit selde is.
Mense se perspektief op nuus hang meestal af van wat hulle in hul eie lewens ervaar het. Lesers kan na dieselfde foto kyk, dieselfde storie lees of na dieselfde uitsending luister en heeltemal uiteenlopende menings daaroor te hê.
Politiek, plaaslik, asook rondom die wêreld is daagliks op die nuus en laat dit mens wonder: Wat word van die mensdom?
Aan die einde van die dag deel ons almal die mensdom - ek is verbind aan jou en jy aan my, ons deel dieselfde planeet en asem dieselfde lug in. Hoe ek myself behandel is hoe ek ander behoort te behandel, wat ek vir my familie wens moet ek vir jou wens - ongeag van my of jou geloof, kleur van vel, geslag en politieke siening.
Ons is so geneig om etikette om mense se nekke te hang wat mense net verder uit mekaar dryf in plaas van nader aan mekaar.
So, wanneer ons die daaglikse nuus inneem is dit wys om te onthou dat ons almal een groot familie, genaamd die mensdom is, maar met uiteenlopende menings. Ons toekoms hang daarvan af om ons medemenslikheid raak te sien en om maniere te vind om dit te verhef om sodoende die wêreld 'n beter plek vir almal te maak. Soos aartsbiskop Desmond Tutu eens gesê het:"All of our humanity is dependent upon recognizing the humanity in others."
Die webtuise humanityhealing.net is 'n handige portaal vir daaglikse handleidings, insiggewende artikels en alles en nog wat oor menslikheid en hoe jy jouself kan heel, asook 'n bydrae maak tot die mensdom.
Dankbaarheid is 'n noodsaaklikheid vir 'n ware spirituele pad - dit ontstaan uit jou hart, maar ook om te aanvaar om te ontvang, asook om te gee: Dankbaarheid is 'n belangrike vaardigheid om aan te leer! Die goue reël om te onthou as dit by menslikheid en dankbaarheid kom is, 'Do onto others as you would have them do onto you.' Dit is nie altyd maklik nie, maar as meer mense dit begin nastreef sal die wêreld beslis 'n beter plek wees vir almal.
Om 'n verskil te maak moet jy by jouself begin en 'n goeie manier is om jouself elke dag te seën - om vir jouself die beste te doen en te wees om sodoende dit ook vir ander mense te kan doen - sonder om iets terug te verwag.
Learn to get in touch with the silence within yourself, and know that everything in life has a purpose. There are no mistakes, no coincidences; all events are blessings given to us to learn from. (Elisabeth Kubler-Ross).