Soms
Loop my hart wilde paaie.
Soms...
Sit my gedagtes op loop.
Soms...
Sit ek op my knieë.
Soms...
Vra ek God vir hoop.
Soms...
Wens ek my lewe was volmaak.
Soms...
Wens ek, ek kan aan God se voete raak.
Want...
Ek weet met die aanraak van
Sy Soom,
sal alle twyfel uit my gedagtes
stroom.
Sal my wense...
my geloof...
my hoop...
My 'n nuwe paadjie
saam my Skepper laat loop.
Ek wens ek kan pyn wegvat...
Ek wens ek kan lewe gee...
Ek wens ek kan my geliefdes se
seer wegvat en laat verdwyn...
Ek wens ek kon die son
oor 'n donker lewe laat skyn...
Maar ek weet...
My God is reeds daar.
Hy ken my gedagtes
en Hy ken my hart se swaar.
God weet as ek moeg word
en my lewensvlammetjie nie
helder brand...
En in my donkerste uur laat
Hy my sterretjie helderder
brand...
Hy is daar as ek moeg word...
Hy is daar as ek val...
Hy is daar as my hart seer
het...
En ek geen lewenslus meer
het...
Ek dank God dat Hy my nooit
verlaat nie...
Dat Hy in alles by my staan...
en ek weet dat Hy altyd
Sy arms om my laat gaan...
Want...
Ek voel God hier by my
Om my en in my...
ek sien Hom in alles
wat mooi om my is...
en dis dan wanneer ek my oë
kan toemaak,
en sonder bekommernis kan
rus...
Ek sê dankie vir my
struikelblokke
waardeur ek gaan elke dag...
want ek weet en sien reeds...
dat God aan die anderkant vir
my wag...