Update
MOSSELBAAI NUUS - Die jongman wat op Sondag, 31 Julie in die vroeë oggend-ure in 'n motorbotsing dood is, was 'n geliefde Mosselbaaier en het vir die Barbarians-rugbyklub gespeel.
Deavan October, oftewel Deavan Dean (20), soos hy homself op sosiale media geïdentifiseer het, is om ongeveer 01:00 dood nadat die voertuig waarin hy gery het teen nog 'n voertuig op die hoek van Louis Fourieweg en Essenhoutstraat gebots het.
Die omstandighede van die voorval word nog ondersoek en twee mans en vier vroue is kort na die botsing met ligte beserings na 'n hospitaal op Mosselbaai geneem.
Die Da Gamaskop-polisiestasie ondersoek 'n saak van strafbare mansslag.
Marshstraat
Nog 'n botsing het op 31 Julie in Deavan Dean voor die ou Standard bank plaasgevind. Slegs een voertuig was in die voorval betrokke. Die persoon het ligte beserings opgedoen.
Weens die botsing, waartydens 'n sementpaal en kragboks verwoes is, was die elektrisiteitstoevoer in die gebied vir 'n geruime tyd ontwrig.
Mosselbaai-polisie ondersoek 'n saak van roekelose-en-nalatige bestuur.
Vorige artikels: