MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-munisipaliteit se rugbyspan speel môremiddag, Saterdag 9 November, in die finaal van die SWD Munisipale-uitdaagreeks se gemeenskapsbeker-afdeling wanneer hulle om 16:15 op Albertinia se Theronsville-sportgronde teen George se munisipale-rugbyspan te staan kom.
Mosselbaai het die afgelope Saterdag ook teen George te staangekom toe dié twee spanne in die laaste rondomtalie-wedstryd van die toernooi wat op Groot Brak plaasgevind het, kragte gemeet het.
Mosselbaai het vir George met 60-33 kafgedraf en sodoende vyf bonuspunte ingepalm, vier vir hulle wen en een vir meer as vier drieë wat hulle aangeteken het.
Mosselbaai het 10 drieë teenoor George se vyf aangeteken. George kon dus een bonuspunt by hul huidige 20 punte voeg vir 'n totaal van 21 punte terwyl Mosselbaai hulle dag met 'n totaal van 25 bonuspunte afgesluit het.
Cheslyn Gelderbloem, agsteman van Mosselbaai, is as speler van die wedstryd aangewys. Die beste voorspeler was die slot, Marquin Smart en die beste agterspeler die linkervleuel Patrick Amsterdam.
Mosselbaai se puntemakers was Eljarro Fleur (1), Shadward Fillies (1), José Pietersen (2), Edgar Syfers (3) en Patrick Amsterdam (3). Doelskoppe: Henn-Lin Botha (3) en Edgar Syfers (2).
Patrick Amsterdam, linkervleuel is aangewys as beste agterspeler van die wedstryd.
Groot dank gaan aan al die ondersteuners en hulle word weer eens uitgenooi om die span môre op Albertinia te gaan ondersteun. Die hekke open reeds om 10:00 met die finaal van die skild-afdeling wat om 14:30 begin wanneer die spanne van Sentraal Karoo en Bitou mekaar pak.
Skrumskakel Marshell Pietersen gee die bal 'n ligte skoppie.
Cheslyn Gelderbloem (agsteman), hardloop hier sterk met die bal. Gelderbloem is aangewys as die speler van die wedstryd. Photo: Francois Boshoff
Edgar Syfers, binnesenter en top puntemaker in die toernooi, het puik spel gelewer. LINKS: Cheslyn Gelderbloem (agsteman), hardloop hier sterk met die bal. Gelderbloem is aangewys as die speler van die wedstryd. Foto's: Francois Boshoff
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'