MOSSELBAAI SPORTNUUS - Die afgelope naweek het die Diaz All Flightklub se duiwe aan twee wedvlugte deelgeneem vanaf Britstown (410km).
In die klub se jaaroud-afdeling is dit Tom en Louise Swart wat die wenduif klok. Hierdie jong duif wen vir hulle die wedvlug met 'n voorsprong van amper vyf minute.
Fanie Ackerman behaal die tweede plek, gevolg deur Sunday Monteiro in die derde plek.
In die klub se ope afdeling is dit Monteiro wat weer baie goed presteer. Hy verower die eerste twee plekke, gevolg deur Kalaharie Boesman in die derde plek.
In die klub se dorpseksie is dit die Swarts wat met 'n dubbelwen spog deurdat hulle beide die open en jaaroud-wedvlugte gewen het. In die jaaroud behaal Chris Nel die tweede plek, met T&L Swart weer in die derde plek. In die ope presteer Jerry van der Mescht ook baie goed deurdat hy die tweede, derde en vierde plekke inpalm.
Uitslae
Klub jaaroud: T&L Swart (1, 16, 21, 23, 25, 26); Fanie Ackerman (2, 9, 12, 17, 18, 22, 27); Sunday Monteiro (3, 7, 15, 28, 29, 30); Joe Lemos (4, 5, 8, 11, 13); Kalaharie Boesman (6, 10, 19, 20); Chris Nel (14); Morné Robertson (25).
Klub ope: Sunday Monteiro (1, 2, 7, 9, 17, 20, 21, 28); Kalaharie Boesman (3, 5, 8, 30); Fanie Ackerman (4, 11, 15, 19, 24, 25, 26); Joe Lemos (6, 22, 23, 29); T&L Swart (10, 16); Jerry van der Mescht (12, 13, 14); Morné Robertson (18); Chris Nel (27).
Dorp jaaroud: T&L Swart (1, 3, 4, 5, 7, 8, 17, 18, 20); Chris Nel (2, 11, 12, 16, 19); Morné Robertson (6); Jerry van der Mescht (9, 10, 13, 14, 15).
Dorp ope: T&L Swart (1, 5, 8, 9, 13, 16); Jerry van der Mescht (2, 3, 4, 10, 15, 20); Morné Robertson (6); Chris Nel (7, 11, 12, 14, 17, 18, 19).
Hierdie naweek se wedvlugte vind vanaf Marydale plaas.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'