Advertorial
SAKENUUS - Januarie 2027 kruip nader, wat beteken dat die amptelike opening van Hartland Akademie om die draai is.
Die skool se hoof, Hennie Louw, en sy gesin verhuis in Desember na Hartenbos, maar hy was reeds tydens die onlangse opedag daar om voornemende ouers te verwelkom.
Toe Louw die eerste keer sy voete in Hartland Akademie sit, was sy eerste gedagte: "Kyk net wat is moontlik!"
"Ek is eers sedert Oktober amptelik by Hartland Akademie betrokke, so aanvanklik het ek hoofsaaklik met 'n visie en 'n plan kennis gemaak. Om nou hier binne 'n baie moderne gebou te staan laat my besef hoeveel potensiaal daar is. Ons wil hê ons onderrig en leer moet by hierdie ruimte pas - modern, relevant en toekomsgerig. Die gebou simboliseer vir my die potensiaal van Hartland Akademie."
Sy visie?
Om kinders te help ontdek wie God hulle geskep het om te wees. "Ons wil hulle akademies en geestelik toerus en hul karakters vorm, sodat hulle nie net hul plek in die samelewing inneem nie, maar ook 'n daadwerklike, positiewe impak op die toekoms maak."
Louw meen ook dat die gebied ideaal is vir dit wat hulle beplan.
"Wat my opval is hoeveel groei en ontwikkeling daar in die gebied is. Daar is 'n besondere energie rondom Hartenbos en die groter Mosselbaai-omgewing, met baie nuwe gesinne en ontwikkelings wat plaasvind.
"Dit voel vir my soos 'n gemeenskap met 'n baie sterk toekoms. Daarom glo ek Hartland Akademie kan 'n betekenisvolle rol speel - nie net deur 'n skool te wees nie, maar deur deel van die gemeenskap te word en saam daarmee te groei."
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’