KARATE NUUS - Die Mosselbaai Shotokan ZA-karateklub het op 22 Junie hulle eerste gradering vir 2022 gehou.
Slegs vier van die 45 kandidate wat deur klub-instrukteur Sensei Vernon Peterson vir die gradering ingeskryf is, moes 'n hergradering doen nadat sekere tegniese regstellings gemaak moes word.
Sensei Elmarie van Zyl, uitvoerende hoof van Shotokan ZA het self die gradering behartig en kon met haar vorige waarneming beklemtoon dat die standaard van Mosselbaai met die beste in die land kompeteer.
"Sy het selfs 'n paar dojos in Gauteng genoem wat by ons moet kom kers opsteek," vertel Peterson met trots.
"Die ledetal groei geweldig as gevolg van lede van die publiek wat in ons kinders belê. Van die karatekas ontvang borgskappe van persone wat anoniem wil bly en ook die atlete se affiliasie en graderingsfooie betaal," sê 'n dankbare Peterson.
Van links: Sensei Nico Jacob, Vernon Petersen, Elmarie van Zyl en Debmarie du Preez.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'