MOSSELBAAI SPORT NUUS - Die Suid-Afrikaanse meesters en senior gewigoptel-kampioenskappe, asook die Suid-Afrikaanse Kusgebied gewigoptel-kampioenskappe, het die afgelope naweek van 22 tot 23 Oktober by Eden Fitness in Voorbaai plaasgevind.
"Dit was vir Mosselbaai 'n voorreg gewees om so 'n hoë profiel geleentheid aan te bied," sê Ruben Burger, 'n plaaslike gewigopteller.
Die Mosselbaai Sport- en Rekreasiefees het afgesluit met die kampioenskappe.
Drie nuwe SA rekords is opgestel. Jon-Antohein Phillips en Ruben Burger van die Wes-Kaap het beide SA rekords opgestel in hul individuele kategorieë asook André Smith van die Vrystaat.
Die volledige uitslae kan by Https://www.SA Championships 2022 Results - SAWF (saweightlifting.co.za) besigtig word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'