TUINROETE DISTRIK SPORTNUUS - Outeniqua-posduifklub se eerste wedvlug van die seisoen was 'n veilingswedvlug vanaf Hopetown (504 km) wat die prysgeld lekker laat inrol het.
Die eerste plek het aan Jacques Zeelie, van J&L Lofts, behoort met 'n Mealie-duif wat Michael van Rooyen gekoop en Gilomey Fourie geteel het.
Dit het vir hom 'n prysgeld van R40 000 in die sak gebring.
Die tweede plek is deur Francois Marais losgevlieg met 'n prysgeld van R10 000 terwyl Fontie Gilmer R5 000 ontvang het vir sy derde plek.
Die klub beplan nou om weer 'n groot veilingswedvlug op die 28 November te hou waartydens die eerste 10 plekke prysgeld sal ontvang.
Die eerste drie plekke sal dan weer onderskeidelik R40 000, R10 000 en R5 000 prysgeld ontvang.
Francois Marais, die naaswenner van die wedvlug.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'