MOSSELBAAI NUUS - Die duiwe van die Diaz All Flightklub het die afgelope naweek deelgeneem aan wedvlugte vanaf Prieska (502km).
Dit was weer die duiwe van nuweling Morné Robertson wat baie goed presteer het deur die jaaroud afdeling in die dorpseksie te wen. Sy duiwe vlieg ook vir hom 'n verdere vier goeie plekke in die dorpseksie.
Jerry van der Mescht wen die dorpseksie se ope afdeling.
Joe Lemos wen die klub se jaaroud afdeling met Kalaharie Boesman wat die klub se ope afdeling wen.
Uitslae
Jaaroud afdeling klub: Joe Lemos (1, 25); Rhyn van Rooyen (2, 5, 23, 27, 30); Morné Robertson (3, 8, 10); Larry van Vuuren (4, 24); Smalberger hokke (6, 20); Alfie Ladson (7, 12, 29); Chris Nel (9, 19); Jerry van der Mescht (11); George Bezuidenhout (13, 28); Kalaharie Boesman (14, 15, 16, 17, 18, 22); Jurgens Truter (21, 26).
Ope afdeling klub: Kalaharie Boesman (1, 7, 15, 25, 30); Rhyn van Rooyen (2, 10, 16, 18, 23); George Bezuidenhout (3, 20); Larry van Vuuren (4, 8, 21, 24, 26, 27, 29); Joe Lemos (5, 6, 9, 11, 13, 17, 19); Jerry van der Mescht (12); Alfie Ladson (14) Chris Nel (22); Smalberger hokke (28).
Jaaroud afdeling dorpseksie: Morné Robertson (1, 4, 6, 15, 16); Jerry van der Mescht (7); Alfie Ladson (8, 13); Chris Nel (5, 9, 19); Smalberger hokke (2, 8, 10, 14, 17, 18); Jurgens Truter (11, 12, 20).
Ope afdeling dorpseksie: Jerry van der Mescht (1); Alfie Ladson (2, 11); Chris Nel (3, 6); Smalberger hokke (4, 8, 9); Jurgens Truter (5, 7, 10, 12, 13).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'