MOSSELBAAI SPORTNUUS - Die Diaz All Flightklub se duiwe het verlede naweek weer deelgeneem aan twee wedvlugte vanaf Groblershoop (587km).
In die klub se ope 1 afdeling is dit Jerry van der Mescht wat die eerste plek verower.
Die tweede plek word behaal deur Sunday Montero gevolg deur Larry van Vuuren in die derde en vierde plekke. Alfie Ladson behaal die vyfde plek.
In die klub se ope 2 afdeling is dit Sunday Montero wat met meer as 15 minute voorsprong die eerste twee plekke inpalm. In die derde plek klok
Fanie Ackerman gevolg deur Larry van Vuuren in die vierde en T&L Swart in die vyfde plekke.
In die dorpseksie se ope 1 afdeling is dit Van der Mescht wat met gemak voor vlieg. Alfie Ladson behaal die tweede en T&L Swart die derde plekke.
In die dorpseksie se ope 2 afdeling is dit T&L Swart wat die eerste en tweede plekke behaal met Van der Mescht in die derde plek.
Uitslae
Klub ope 1:
Jerry van der Mescht (1); Sunday Montero (2, 12, 15, 18, 19, 26); Larry van Vuuren (3, 4, 7, 8, 13, 14, 20); Alfie Ladson (5, 29); T&L Swart (6, 9, 10, 21); Fanie Ackerman (11, 16); Chris Nel (17, 22, 24, 27, 28); Kiara Nel (23, 30); N&H Binedell (25).
Klub ope 2:
Sunday Montero (1, 2, 7, 21, 22); Fanie Ackerman (3, 19); Larry van Vuuren (4 ,6, 8, 12); T&L Swart (5, 9, 11, 24); Jerry van der Mescht (10, 15, 20); N&H Binedell (13, 14, 18); Alfie Ladson (16, 17, 23).
Dorp ope 1:
Jerry van der Mescht (1); Alfie Ladson (2, 13); T&L Swart (3, 4, 5, 7); Chris Nel (6, 8, 10, 11, 12); Kiara Nel (9, 14).
Dorp ope 2:
T&L Swart (1, 2, 4, 10); Jerry van der Mescht (3, 5, 8); Alfie Ladson (6, 7, 9).
Die naweek se wedvlugte vind vanaf Kimberley plaas.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'