Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die Diaz All Flightklub se duiwe het verlede naweek deelgeneem aan twee wedvlugte vanaf Strydenburg (492km). Kiara Nel, 'n junior lid van die klub het die klub se jaaroud afdeling met gemak gewen.
Dit is die eerste jaar wat Kiara aan wedvlugte deelneem.
Joe Lemos verower die tweede en derde plekke in die jaaroud afdeling.
In die klub se ope afdeling is dit Sunday Montero wat die wenduif vlieg gevolg deur Larry van Vuuren in die tweede en T&L Swart in die derde plekke.
In die dorpseksie se jaaroud afdeling is dit Kiara Nel (jnr) wat die eerste plek verower. Jerry v an der Mescht behaal die tweede plek met Chris Nel in die derde plek.
In die dorpseksie se ope afdeling vlieg T&L Swart die wenduif gevolg deur Alfie Ladson in die tweede plek en Chris Nel in die derde plek.
Uitslae
Klub jaaroud: Kiara Nel (1, 25); Joe Lemos (2, 3, 10, 11, 12, 23); Sunday Montero (4); Jerry van der Mescht (5, 18, 26); Chris Nel (6, 8, 16, 24, 30); N&H Binedell (7); Alfie Ladson (9, 28); Larry van Vuuren (13, 14, 15, 17, 19, 20, 21, 22); T&L Swart (27, 29).
Klub ope: Sunday Montero (1, 6, 11, 28, 30); Larry van Vuuren (2, 8, 14, 16, 23, 24); T&L Swart (3, 13, 15, 26); N&H Binedell (4, 9, 17, 27); Alfie Ladson (5); Chris Nel (7, 18, 25, 29); Jerry van der Mescht (10, 11); Joe Lemos (19, 20, 21, 22).
Dorp jaaroud: Kiara Nel (1, 10); Jerry van der Mescht (2, 7, 11); Chris Nel (3, 4, 6, 8, 15); Alfie Ladson (5, 13); T&L Swart (12, 14).
Dorp ope: T&L Swart (1, 6, 7, 10); Alfie Ladson (2); Chris Nel (3, 8, 9, 11); Jerry van der Mescht (4, 5).
Die naweek se wedvlugte vind vanaf Hopetown plaas.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'