MOSSELBAAI SPORTNUUS - Die Diaz All Flightklub se duiwe het verlede naweek aan twee ope wedvlugte vanaf Wolmaranstad (858km) deelgeneem.
Dit was die duiwe van Kalaharie Boesman wat behoorlik amok gemaak het onder die ander duiweboere.
Kalaharie Boesman vlieg weer 'n dubbel wen deurdat hy beide die ope 1 en 2 wedvlugte wen. In beide hierdie twee wedvlugte verower hy die eerste drie plekke. Hy behaal 18 plekke in die klub.
In die Eden federasie behaal Kalaharie Boesman die eerste vier plekke in die ope 2 wedvlug. Voorwaar 'n uitstekende prestasie.
Die duiwe van Joe Lemos presteer ook besonders goed deurdat hulle vir hom ook 18 plekke in die klub verower.
In die klub se dorpseksie is dit Tom en Louise Swart wat weer 'n dubbelwen vlieg deurdat hulle duiwe vir hulle beide die ope 1 en 2 wedvlugte inpalm.
Uitslae
Klub ope 1: Kalaharie Boesman (1, 2, 3, 6, 7, 8, 24, 26); Joe Lemos (4, 5, 9, 15, 16, 18, 19, 21, 25); T&L Swart (10, 12, 17, 22); Chris Nel (11, 14, 20); Fanie Ackerman (13, 23).
Klub ope 2: Kalaharie Boesman (1, 2, 3, 4, 6, 7, 8, 9, 17, 24); Joe Lemos (5, 11, 13, 16, 19, 21, 22, 29, 30); T&L Swart (10, 12, 18, 26); Chris Nel (14, 15, 22, 27); Fanie Ackerman (20, 25, 28).
Dorp ope 1: T&L Swart (1, 3, 5, 7); Chris Nel (2, 4, 6).
Dorp ope 2: T& L Swart (1, 2, 5, 7); Chris Nel (3, 4, 6, 8).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'