Gallery
MOSSELBAAI SPORTNUUS - Oud én jonk kan na twee jaar weer aan die Mosselbaai Sport- en Rekreasiefees in Mosselbaai deelneem. Dit is vanjaar die 9de fees van sy soort nadat die geleentheid weens die Covid-19-inperkings vir twee jaar opgeskort was.
Senior burgers het op Maandag, 19 September aan die Golden Games, wat spesifiek vir persone bo 65 is, deelgeneem.
FOTOGALERY:Mosselbaai Sport- en Rekreasiefees
Die deelnemers was in aksie te siene by die Van Riebeeck-stadion. Die sportfees duur tot 8 Oktober.
David Conrad (10) het saam met ander kinders aan die SA Toughest Firefighter Alive-kompetisie deelgeneem. Sewentig kinders tussen 3- en 10-jarige ouderdom het aan die mini-brandbestryderskompetisie deelgeneem wat vir die eerste keer aangebied is. Foto: Grey Stopforth
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'