MOSSELBAAI SPORTNUUS - Die Diaz All Flightklub se duiwe het die afgelope naweek deelgeneem aan twee ope wedvlugte vanaf Prieska (501km).
In die ope 1 wedvlug is dit Joe Lemos wat besonders goed presteer deurdat hy die eerste drie posisie verower. Tom en Louise Swart behaal die vierde plek gevolg deur Chris Nel in die vyfde plek.
In die ope 2 wedvlug is dit Kalaharie Boesman wat gemaklik wen met 'n voorsprong van amper sewe minute.
In die tweede plek klok Fanie Ackerman gevolg deur Joe Lemos in die derde plek.
In die klub se dorpseksie is dit die Swarts wat spog met 'n dubbelwen deurdat hulle beide die ope 1 en 2 wen.
Uitslae:
Klub ope 1: Joe Lemos (1, 2, 3, 12, 20, 28); T&L Swart (4, 7, 11, 19); Chris Nel (5, 13, 23, 25); Kalaharie Boesman (6, 9, 10, 14, 17, 24, 30); N&H Binedell (8, 15); Fanie Ackerman (16, 18, 21, 22); Alfie Ladson (26, 27, 29).
Klub ope 2: Kalaharie Boesman (1, 10, 18, 22, 28); Fanie Ackerman (2, 4, 13, 15, 20, 23, 29); Joe Lemos (3, 5, 6, 7, 17); T&L Swart (8, 9, 12, 19, 21); Jerry van der Mescht (11); Alfie Ladson (14, 16, 30); Chris Nel (24, 25); N&H Binedell (26, 27).
Dorp ope 1: T&L Swart (1, 3, 4, 6, 12); Chris Nel (2, 5, 7, 8, 13); Alfie Ladson (9, 10, 11); Jerry van der Mescht (14, 15).
Dorp ope 2: T&L Swart (1, 2, 4, 7, 8, 14); Jerry van der Mescht (3); Alfie Ladson (5, 6, 11, 13); Chris Nel (9, 10, 12).
Hierdie naweek se wedvlugte vind vanaf Wolmaranstad plaas.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'