MOSSELBAAI SPORTNUUS - 'n Duif van Gert Wessels wat die naweek aan 'n ope wedvlug van Strydenburg (500km) deelgeneem het, het behoorlik vir haar teenstanders haar stertvere gewys toe sy dié wedvlug in die Mosselbaai-klub met 15½ minute gewen het.
Daar is vooraf besluit om weens die gure weer wat vir die Saterdag voorspel is, die loslating van die duiwe na die Sondag te skuif.
Die duiwe is om onderskeidelik 08:00 (jaaroud) en 08:30 (ope) losgelaat.
Jan Rousseau was eerste om 'n duif in die jaaroud afdeling te klok gevolg deur een van Faunty Gillmer (tweede), Danie Barnard (derde), Rudolf van Zyl (vierde) en Gert Wessels (vyfde en sesde). Rousseau het sy wenduif om 16:01:54 geklok.
Wessels klok sy wenduif in die ope om 16:06:03. Tweede in die ope afdeling was 'n duif van Gillmer, derde Jan Marais, vierde en vyfde Chappie Gertenbach en sesde Daan Stander.
Uitslae
Jaaroud: Jan Rousseau (1, 12, 17, 23); Gillroy (2, 7, 11, 19); Barnard Lofts (3, 9, 14, 20, 22); Rudolf van Zyl (4, 30); Gert Wessels (5, 6, 13, 26); Jan Marais (8); R&R Lofts (10); AJE Lofts (15, 16, 25); Chapmar (18, 24); Tol Nel (21, 29); Boshoff & Haung RPL (27, 28).
Ope: Gert Wessels (1); Gillroy (2, 14, 15, 28); Jan Marais (3, 22, 25); Chapmar (4, 5, 16); Daan Stander (6, 17, 18, 20); Barnard Lofts (7, 13, 21, 24, 29, 30); R&R Lofts (8); Van Eeden Lofts (9, 10, 26); Jan Rousseau (11, 19, 23); AJE Lofts (12, 27).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'