Video
MOSSELBAAI SPORTNUUS EN VIDEO - Hoewel Essie Esterhuizen (ope 1) en Hekka Fourie (ope 2) Saterdag, 31 Oktober se onderskeie wedvlugte vanaf Bloemhof gewen het, is dit Faunty Gillmer wat koning kraai as Mosselbaai-posduifklub se 2020 klubkampioen.
Die duiwe van beide die ope 1 en 2 wedvlugte is Saterdagoggend 05:45 op Bloemhof (800km) losgelaat.
Hekka was eerste om 'n duif te klok. Sy duif wen vir hom die ope 2.
Die tweede tot vierde plekke in die ope 2 word deur Danie Barnard ingeneem met Boshoff & Haung RPL vyfde, Daan Stander sesde en sewende, Esterhuizen agtste, Chappie Gertenbach negende en Fourie weer 10de en 11de.
Stander neem die tweede, 9de en 10de plekke in die ope 1 in met Barnard derde, Gillmer vierde en agtste, Gertenbach vyfde, Fourie sesde en Esterhuizen weer in die sewende plek.
Klubkampioen
Gillmer het die seisoen 1 775 punte in die Mosselbaai-klub behaal om sodoende die 2020 klubkampioen te wees.
Tweede is Danie Barnard (1 740), derde Gertenbach (1 499), vierde Esterhuizen en vyfde Jan Rousseau (1 359).
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'