MOSSELBAAI SPORTNUUS - Essie Esterhuizen (AJE Lofts) het 'n goeie naweek agter die rug met die dat sy duiwe vir hom 'n 1ste, 2de, 9de en 30ste plek in die Mosselbaai-klub se ope wedvlug vanaf Strydenburg ingepalm het asook 'n goeie 3de, 10de, 11de en 29ste in die jaaroud wedvlug.
Dié duiwe is Saterdagoggend 07:15 (jaaroud) en 07:45 (ope) op Strydenburg (500km) losgelaat.
Faunty Gillmer (Gillroy) was eerste om 'n jongduif te klok. Hierdie wenner arriveer om 13:03, net meer as drie minute voor Danie Barnard (Barnard Lofts) se wenner wat hy om 13:06 klok. Die 3de plek word deur Esterhuizen ingeneem met Hekka Fourie 4de en Barnard weer 5de.
In die ope wedvlug klok Barnard 3de, kort ná Esterhuizen se eerste twee duiwe, met Jan Rousseau onderskeidelik 4de en 5de.
Uitslae
Jaaroud:
Gillroy (1, 8, 13, 21, 22, 30); Barnard Lofts (2, 5, 20); AJE Lofts (3, 10, 11, 29); Hekka Fourie (4, 15, 17, 23); Rudolf van Zyl (6, 24); Chapmar (7, 9, 26); JR Hokke (12); Tol Nel (14); Daan Stander (16, 19); Jan Marais (18); Boshoff & Haung RPL (25, 27, 28).
Ope:
JE Lofts (1, 2, 9, 30); Barnard Lofts (3, 11, 16, 20); Jan Rousseau (4, 5); Gert Wessels (6); Jan Marais (7, 17, 18, 19, 27); Chapmar (8, 10, 13, 14, 23, 28, 29); Boshoff & Haung RPL (12, 26); Daan Stander (15); Hekka Fourie (21, 22, 25); Gillroy (24).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'