Gallery Update
ROLBALNUUS - Riversdal-rolbalklub se sosiale liga het onderskeidelik op 22 en 25 Maart sake uitgespook.
"Die liga vir die afgelope somerseisoen gaan in die komende weke oorgaan tot 'n halfeind- en eindronde en dan sal die wenners bekroon word. Die spanne veg hard vir daardie eerste plek," het Charl Nortjé, die klub se mediabeampte gesê.
Klubkampioenskap
Ses gemengde trips-spanne het op 20 en 22 Maart teen mekaar uitgespeel. Louw Bester (lei), Marlene Newberry (2de) en Louis Fourie (skip) het met die louere weggestap.
Fotogalery: Riversdal rolbalklub sosiale liga
Wegwedstryde
Witsand, 27 Maart
Die span wat die klub verteenwoordig het, was Bennie Basson (lei), Celvin Basson (2de), Veronica Enright (3de) en Gerald Enright (skip). Hulle het 'n algehele sesde plek uit 12 spanne van regoor die streek behaal.
Hartenbos, 27 Maart
Shanelle Saayman (lei), Brendon Damons (2de), Francois Damons (3de) en Ashley Basson (skip) het die klub verteenwoordig. Hulle het 'n algehele 11de plek uit 26 spanne behaal. Die kompetisie is deur Personal Trust geborg.
Louis Fourie beduie vir sy mede-spanlede hoe ver hul balle van die witbal lê.
Ashley Basson, Brendon Damons, Shanelle Saayman en Francois Damons het op Hartenbos gaan speel.
Gerald Enright, Veronica Enright, Celvin Basson en Bennie Basson het op Witsand gaan speel.
Vorige artikel: Balle rol in Suid-Kaap
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'