MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaaier, Louis Oosthuizen het die afgelope naweek, 22-24 Maart tweede geëindig in die Valspar-kampioenskap.
Oosthuizen (70-72-66-69) en die Brit Jason Kokrak (69-71-66-71) het op 77 houe een hou meer as die wenner, Engeland se Paul Casey (70-66-68-72) se 276 houe geslaan.
Casey het -8 onder baansyfer klaargemaak, met Oosthuizen en Kokrak op -7 onder baansyfer.
Dit was die tweede agtereenvolgende jaar wat Casey as die wenner van dié toernooi wegstap.
Die Valspar-toernooi vind in Palm Harbor, Amerika plaas.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'